Ons nooi een en almal hartlik uit om by ons liefdesgemeenskap van gelowiges betrokke te raak. Hieronder is die verskillende kontakpunte:
NUWE INTREKKERS
Klik hier vir meer inligting.
IN WATTER BLOK VAL EK?
Vind uit op ons gemeentekaarte van Struisbaai en L’Agulhas. Daar is ook groter kaarte met
straatname in beide kerke aangebring, indien jy daarna wil verwys.
BEDIENINGE
|
KLEINGROEPE
Ons het ‘n aktiewe gemeenskap van kleingroepe wat fokus op Bybelstudie, omgee vir mekaar, en gedeelde belange. Indien jy wil inskakel by ‘n kleingroep, tree gerus in verbinding met jou wyksouderling of -diaken.
KATEGESE
Klik hier as jy jou kind by ons kategese wil laat inskakel. Meld ‘Kategese’ in die onderwerpreël.
HUWELIKSBEVESTIGING
Ons leraar wil graag van paartjies hoor wat voorberei om in die huwelik te tree. Sy sal die nodige prosedure met julle bespreek. Stuur gerus ‘n e-pos hier. Meld ‘Huweliksbevestiging’ in die onderwerpreël.
DOOP
Soos die nagmaal, is die doop vir ons ‘n baie belangrike sakrament. As julle julle kind wil laat doop, stuur gerus ‘n e-pos hier. Meld ‘Doop’ in die onderwerpreël.
KOOR
Ons koor se leuse is: “People who sing together, cling together.” En dit is baie waar van hierdie spesiale groep in ons gemeente. As jy belangstel om deel te word van ons pragtige koor, stuur gerus ‘n e-pos hier. Meld ‘Koor’ in die onderwerpreël. Enige stem en ouderdom is welkom.
PROJEKTE EN FUNKSIES (INSLUITENDE BASAARS)
Ons het ‘n baie aktiewe span wat ons funksies en basaars implementeer. So byvoorbeeld word ons basaars regdeur die jaar gehou. Ons het altyd ekstra kundigheid, idees en hande nodig as dit by funksies kom. As jy kan regstaan in die kombuis (bak en brou), of mooi blomme kan rangskik, of ‘n slag het met tafelversierings, of enige ander toepaslike vaardigheid, laat hoor van jou per e-pos hier. Meld ‘Funksies en Basaars’ in die onderwerpreël.