Dit is vir ons ’n baie groot voorreg om julle in die NG Kerk Suidpunt te verwelkom. Ons wil graag ons hand van vriendskap uitreik om seker te maak julle voel sommer vinnig tuis en gemaklik.
Vir ons as gemeente is dit van groot belang dat ons ons waardes op tasbare wyse sal uitleef (klik hier vir meer inligting oor ons visie en waardes). Daarom streef ons daarna om ’n atmosfeer van gemeensaamheid, gasvryheid en liefde vir mekaar as broers en susters in Jesus te kweek. Ons vertrou dat julle dit so sal ervaar en die vrymoedigheid sal neem om spoedig deel van ons gemeenskap te word. Om aktief deel te word van ons gemeente, wil ons graag versoek dat jy die volgende doen:
- Vul asseblief die vorm vir nuwe intrekkers in. Klik hier vir die aanlyn-vorm.
- Ons wil julle ook uitnooi om by ons aktiwiteite in te skakel. Kyk gerus na die gedeelte oor ons bedieninge. Ons glo daar is iets vir almal, waar jonk en oud hulle Godgegewe talente tot sy eer kan uitleef.
Mag God julle seën hier aan die suidpunt van Afrika.