Een van die vier fokusareas van ons geloofsreis is jeugbediening, wat die kategese insluit. Jeugbediening is nie slegs belangrik vir die volhoude groei van enige gemeente nie, maar as dissipels van Jesus is dit ons roeping om ook na die geestelike groei van ons kinders en tieners om te sien. Die kategese is een van die platforms waardeur ons ons skoolkinders vir ‘n lewe as‘n Christen voorberei. Ons kategese is in twee strome verdeel, nl. laerskoolkinders tot en met Graad 6, en dan vanaf Graad 7 plus hoërskoolkinders. Kategese-klasse vind na eredienste plaas tydens skoolkwartale.
Klik hier as jy eredienstye wil sien.
Klik hier as jy jou kind by ons kategese wil laat inskakel. Meld ‘Kategese’ in die onderwerpreël.