Met ons uitgebreide netwerk van aktiwiteite, is enige vorm van bydrae baie welkom. Dit hoef nie altyd finansieel te wees nie, maar ook in die vorm van jou tyd, kundigheid, leierskap of ander vorme van bydraes. Sien gerus hieronder hoe jy jou unieke gawes tot eer van God in ons gemeente kan uitleef.

Bedieninge
Klik hier vir meer inligting oor ons bedieninge. Indien jy geroepe voel om by ‘n bediening in te skakel, wil ons jou hartlik uitnooi om met ons in verbinding te tree. Stuur gerus ‘n e-pos hier. Meld die spesifieke bediening(e) waarin jy belangstel in die onderwerpreël. Ons tree gou met jou in verbinding.

Noodspens
As deel van ons roeping as die kerk van Christus, is dit vir ons belangrik om na die fisiese behoeftes van diegene in nood om te sien. Om ons in staat te stel om mense by te staan met kos en ander benodigdhede, het ons elke maand met die nagmaal die geleentheid om nie-bederfbare produkte, toiletware, skoonmaakmiddels, ens. aan ons noodspens te skenk. Ons nagmaal val op die laaste Sondag van elke maand.

Klerebank
Soos die geval met die noodspens, voorsien ons ook klere aan mense in nood. Daarom is enige skenking van klere baie welkom, nuut of tweedehands. Skenkings kan by die kerkkantoor ingehandig word op die datums soos op ons kerkkalender aangetoon.

Funksies en Basaars
Ons het ‘n baie aktiewe span wat ons funksies en basaars implementeer. So byvoorbeeld word ons basaars regdeur die jaar gehou. Ons het altyd ekstra kundigheid, idees en hande nodig as dit by funksies kom. As jy kan regstaan in die kombuis (bak en brou), of enige ander toepaslike vaardigheid het, laat hoor van jou per e-pos hier. Meld ‘Funksies en Basaars’ in die onderwerpreël.
Finansiële bydraes

Soos enige ander instansie, het ons gemeente ook finansiële behoeftes om al ons werk te kan finansier. Indien jy finansieel kan bydra, sal ons baie dankbaar wees, of dit nou in die vorm van jou maandelikse bydrae of eenmalige skenkings is. Hier is ons bankbesonderhede:
NGK Suidpunt
ABSA
Takkode: 334-412
Rek nr: 1780147276
Gee asseblief ’n verwysing, bv. Dankoffer
Kerkkantoor
028 435 6789
admin@suidpuntngkerk.co.za
Kantoorure
Dinsdag tot Donderdag
8:00 tot 12:00
Straatadres Struisbaai
Hoofweg Struisbaai
GPS: 34°47’58.8″S 20°02’57.3″E
Straatadres L’Agulhas
Cooperstraat L’Agulhas
GPS: 34°49’27.7″S 20°00’51.3″E